Psalms 80:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Keer ons terug, HERE, God van die leërskare, laat U aangesig skyn; en ons sal gered word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ons U nie weer verlaat nie. Laat ons herlewe, dan sal ons weer u Naam aanroep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep. [ (Psalms 80:20) o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! ] |
| Afrikaans 1983 | Dan sal ons nie weer van U af wegdraai nie. Hou ons aan die lewe, dan sal ons u Naam aanroep! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons sal nie van U wyk nie. Maak ons lewend! Net ú Naam sal ons aanroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ons nie weer van U weggaan nie. As U ons laat lewe, dan sal ons U aanhou prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As U dit doen, sal ons U dien. Ons sal nie weer van u wegdraai nie. Help ons om weer voluit te lewe! Dan sal ons U prys en dien. |