Psalms 80:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal ons nie van U af teruggaan nie; maak ons lewend, dan sal ons U Naam aanroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Hou u hand oor die mense wat deur U uitgekies is, oor die volk wat U vir U grootgemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hou tog u hand oor die man aan u regterkant, oor die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar U moet die volk beskerm wat U vir Uself gekies het, hulle is die wingerdstok, en U het die wingerdstok sterk laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sorg nou asseblief weer vir die mense wat U gekies het om aan U te behoort. U het hulle almal as u eie kinders grootgemaak. |