Psalms 80:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit word met vuur verbrand, dit is uitgeroei; hulle vergaan weens die bestraffing van U aangesig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die loot wat U self geplant het, en oor hierdie seun wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Hou in stand wat U met u eie hand geplant het, die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die steggie wat u regterhand geplant het, die spruit wat U vir Uself grootgemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U self het die wingerdstok geplant, U het hom sterk laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Beskerm die plant wat U met soveel sorg vertroetel het. U het dit met spesiale aandag grootgemaak. |