Psalms 80:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wingerd wat u regterhand geplant het, en die loot wat U vir Uself sterk gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God Almagtig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok, |
| Afrikaans 1933/1953 | o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok; |
| Afrikaans 1983 | Almagtige God, kyk tog uit die hemel af en ontferm U weer oor hierdie wingerdstok, neem hom weer onder u sorg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O God, Heerser oor alle magte, kom tog terug! Kyk uit die hemel en sien dit raak! Versorg hierdie wingerdstok, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U wat oor alles regeer, U moet asseblief afkyk uit die hemel en weer goed wees vir hierdie wingerdstok. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, U is die groot Bevelvoerder. Kom help ons! Sorg uit u hemelse blyplek vir ons. Ons is u wingerdplant. Kry ons weer jammer, en sorg weer vir ons! |