Psalms 80:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die varke uit die bos verteer dit, en die wilde diere van die veld eet dit op.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom het U sy mure afgebreek sodat verbygangers dit kan stroop?
Afrikaans 1933/1953 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
Afrikaans 1983 Waarom het U die mure om hom afgebreek? Al die verbygangers stroop hom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom het u sy tuinmuur afgebreek, sodat almal wat daar verbygaan, sy vrugte pluk?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom het U die muur afgebreek wat rondom die wingerdstok was? Elkeen wat op die pad verbykom, kon toe van sy druiwe pluk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hoekom het U die veiligheidsmuur rondom u volk laat afbreek? Almal wat daar verbyloop, het nou die druiwe afgesteel.