Psalms 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Uit die mond van suigelinge en suigelinge het U krag gegee ter wille van u vyande, sodat U die vyand en die wraakgierig kan stilmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele.
Afrikaans 1933/1953 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
Afrikaans 1983 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbo wys dat U Koning is en dat U regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.