Psalms 79:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink nie aan ons vorige ongeregtighede nie; laat u barmhartighede ons gou voorkom, want ons is baie verneder.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie die sondes van ons voorouers teen ons hou nie. Ontferm U gou oor ons, want ons is baie mismoedig.
Afrikaans 1933/1953 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.
Afrikaans 1983 Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagte op ons laat neerkom nie, ontferm U tog gou oor ons, want ons kragte is gedaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet tog nie ons vroeëre sondeskuld teen ons hou nie; laat u ontferming ons gou bereik, want ons het baie min geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie vir ons straf oor die sondes wat ons voorvaders gedoen het nie. U moet gou weer goed wees vir ons, want dit gaan baie sleg met ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet ons nie straf vir die verkeerde dinge wat ons oupas en oumas gedoen het nie! Maak gou en kom vou ons toe met u liefde, want ons krag is op. Ons is baie swak.