Psalms 79:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe lank, HERE? sal jy vir ewig toornig wees? sal jou ywer brand soos vuur? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe lank nog, o Here? Sal U vir altyd kwaad wees? Sal u jaloesie brand soos vuur? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur? |
| Afrikaans 1983 | Hoe lank sal dit nog aanhou, Here? Sal u toorn dan vir altyd duur, u woede soos 'n vuur bly brand? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe lank nog, Here? Gaan U vir ewig toornig bly; sal u heilige jaloesie soos 'n vuur bly brand? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, hoe lank moet dit aanhou? Wil U altyd kwaad bly vir ons? Moet dit aanhou om ons te brand soos 'n vuur? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe lank gaan U nog u woede op ons laat afkom, Here? Gaan dit altyd aanhou? Dit bring baie pyn. Dit brand soos ’n vuur wat niemand kan doodkry nie. |