Psalms 79:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal ons, U volk en skape van U weide, U vir ewig loof; ons sal u lof verkondig van geslag tot geslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ons, u volk, die skape van u weiding, U vir altyd dank, en U prys van geslag tot geslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel. |
| Afrikaans 1983 | Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof, van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons is u volk en die skape van u weiding; ons sal U vir altyd prys. Van geslag tot geslag sal ons vertel van die lof wat U toekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ons, u volk, u eie mense, altyd aanhou om vir U dankie te sê. Ons sal vir elke geslag vertel hoekom hulle U moet prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons is u kinders, Here. Ons is soos skape en U is ons herder. U sorg vir ons. Ons sal U altyd prys. Ons en ons kinders sal U loof. |