Psalms 79:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die gesug van die gevangene voor jou uit kom; bewaar volgens die grootheid van U krag die wat bestem is om te sterwe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister na die versugting van hulle wat gevange geneem is. Gebruik u groot krag en red hulle wat die dood in die gesig moet staar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm. |
| Afrikaans 1983 | Slaan tog ag op die gesug van die gevangenes. Red deur u groot mag dié wat met die dood bedreig word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die gesug van gevangenes U bereik; laat hulle, gedoem tot die dood, deur u groot mag gespaar bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet luister hoe kla en sug die gevangenes, U moet die mense wat naby die dood is, laat aanhou lewe. U is sterk, U kan dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister tog na al die klagtes van u kinders wat oorgebly het. Hulle is nou gevangenes. Red hulle met u groot krag sodat hulle kan leef. |