Psalms 79:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? laat hom onder die heidene bekend word voor ons oë deur die wraak van die bloed van u dienaars wat vergiet is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom sou die nasies spot en vra: “Waar is hulle God?” Laat ons sien hoe U die nasies vergeld weens die bloedvergieting wat hulle oor u dienaars gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte. |
| Afrikaans 1983 | Waarom moet die heidene sê: “Waar is hulle God nou?” Laat ons aanskou hoe u straf die heidene tref oor die bloed van u dienaars wat vergiet is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom moet die nasies sê: “Waar is julle God?” Laat dit voor ons oë onder die nasies bekend word: die wraak oor die bloed van u diensknegte wat vergiet is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die heidene vra: “Waar is hulle God?” U moet die heidene straf, ons wil sien hoe die heidene voel wanneer U hulle straf omdat hulle u dienaars doodgemaak het en hulle bloed laat vloei het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want die mense wat U nie dien nie, spot met ons. Hulle sê: “Waar is daardie mense se God dan?” Straf daardie spul wat u kinders doodgemaak het. Betaal hulle in eie munt terug terwyl ons toekyk. |