Psalms 78:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders van Efraim, wat gewapen was en boog gedra het, het omgedraai in die dag van oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Efraimiete was goed bewapen, met boogskutters in hulle leër. Maar op die dag van die geveg het hulle omgedraai.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
Afrikaans 1983 Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog, maar toe die geveg begin, het hulle gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het teruggeval op die dag van die geveg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Efraim kon met pyl en boog veg maar hulle het gevlug toe die oorlog begin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons verhaal begin by die Efraimiete: ’n klomp soldate wat baie goed kon veg. Maar toe die oorlog begin, het hulle weggehardloop.