Psalms 78:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En mag nie wees soos hulle vaders nie, 'n hardkoppige en opstandige geslag; 'n geslag wat hul hart nie reggestel het nie, en wie se gees nie standvastig was by God nie.
Afrikaans (NLV) 2011 en nie soos hulle voorouers wees nie. Hulle is ’n ongehoorsame, opstandige geslag, wie se hart nie getrou was nie, wie se gees ontrou was aan God.
Afrikaans 1933/1953 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
Afrikaans 1983 en nie wees soos die voorvaders nie. Dié was 'n opstandige en ongehoorsame volk, 'n onbestendige geslag wat nie aan God getrou was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle mag nie soos hulle voorouers wees nie – 'n hardkoppige en opstandige geslag, wie se harte onbestendig was en wie se gees nie aan God getrou was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moenie soos hulle voorvaders wees nie, want hulle voorvaders was hardkoppig en opstandig, hulle het nie aangehou om in God te glo nie, hulle was ontrou aan Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag die Here gee dat die jong geslag nooit soos hulle oupas en oumas sal maak nie. Dié het mos die rug vir die Here gedraai, ’n regte spul hardekoppe; daarom het hulle geweier om te doen wat Hy sê. Hulle was ontrou aan God.