Psalms 78:71 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van agter die groot ooie het hy hom gebring om Jakob sy volk en Israel sy erfdeel te laat wei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van agter die lammerooie het Hy hom weggevat om sy volk Jakob te versorg, sy eie volk, Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel. |
| Afrikaans 1983 | Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal om sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agter die lammerooie het Hy hom laat haal om Jakob, sy volk, op te pas, Israel, sy eiendom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het hom van die lammer-ooie weggeneem om die herder te wees van sy volk, die nageslag van Jakob, Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het hom gaan haal daar tussen die jong skape om sy volk Jakob op te pas en sy hand oor Israel te hou. |