Psalms 78:69 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het sy heiligdom gebou soos hoë paleise, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrond het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy heiligdom baie hoog gebou, stewig vir altyd soos die aarde self. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy heiligdom hemelhoog gebou en dit soos die aarde vir altyd vas laat staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy heiligdom soos die hoogste hemele gebou, soos die aarde, wat Hy vir altyd gevestig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het sy tempel daar gebou, dit was hoog en vas soos die hemel en die aarde wat Hy vir altyd vas laat staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar het God sy heilige plek gebou. Dit het bo alles uitgetroon, vas en stewig. |