Psalms 78:65 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die HERE wakker geword soos 'n slapende en soos 'n held wat skreeu vanweë die wyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Here ontwaak soos iemand uit sy slaap, soos ’n sterk man ontwaak uit die bedwelming van wyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn; |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here weer ingegryp. Dit was asof Hy geslaap het, soos iemand wat in 'n roes was en nou wakker geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het my Heer asof uit die slaap wakker geword, soos 'n held uit die roes van wyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe het die Here wakker geword soos iemand wakker word nadat hy geslaap het, soos iemand wat weer reg word nadat hy te veel wyn gedrink het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe, skielik, het die Here weer op die toneel verskyn! Dit was of Hy uit ’n diep slaap wakker geword het soos iemand wat in ’n roes was na hy te veel wyn gedrink het. |