Psalms 78:57 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het omgedraai en ontrou gehandel soos hulle vaders; hulle het afgewyk soos 'n bedrieglike boog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was afvallig en ontrou net soos hulle voorouers. Hulle was net so onbetroubaar soos ’n onbruikbare boog. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog. |
| Afrikaans 1983 | Net soos hulle voorvaders was hulle afvallig en ontrou, so vals soos 'n onbetroubare wapen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was afvallig en ontrou soos hulle voorouers; hulle het verander in 'n slap boog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het weggegaan van Hom, hulle was ontrou soos hulle voorvaders. Hulle was soos 'n boog wat skeef was en nie reg kon skiet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het hulle glad nie aan God gesteur nie, presies soos hulle ouers. Die hele spul was totaal onbetroubaar! |