Psalms 78:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook die nasies voor hulle uitgedryf en vir hulle 'n erfdeel per lyn verdeel en die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het nasies voor hulle uit verdryf, die land as erfdeel aan hulle gegee, en die stamme van Israel in hulle woonplekke gevestig.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en die aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
Afrikaans 1983 Hy het nasies voor sy volk uit verdryf en aan sy volk 'n land as besitting gegee. Hy het daardie nasies se woonplekke aan die stamme van Israel gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het nasies voor hulle uit verdryf. Hy het wat aan hulle behoort, met 'n maatlyn opgemeet as erfdeel, en die stamme van Israel in húlle tente laat woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ander volke uit hulle lande weggejaag sodat sy eie volk daar kon woon. Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegee en Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander volke het Hy voor hulle weggejaag, sodat hulle die land gekry het wat God vir hulle gekies het. Daar het al die stamme van Israel ’n blyplek gekry, waar die ander nasies eens gebly het.