Psalms 78:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die eersgeborenes in Egipte verslaan; die hoof van hulle sterkte in die tente van Gam;
Afrikaans (NLV) 2011 Al die eersgeborenes in Egipte het Hy getref, al die oudste seuns in die wonings van Gam.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
Afrikaans 1983 Hy het al die eersgeborenes van die Egiptenaars getref, die eerstelinge in die wonings van Gam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het elke •eersgeborene in Egipte getref, die eerstelinge van hulle manlike krag in die tente van Gam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die oudste seun van elke familie van die Egiptenaars laat sterf in Egipte, in die woonplek van die nageslag van Gam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die oudste seuns in die huise in Egipte het Hy doodgemaak, al die oudste kinders wat van Gam afstam.