Psalms 78:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het 'n pad na sy toorn gebaan; Hy het hulle siel van die dood nie gespaar nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was ’n weg vir sy toorn: Hy het hulle lewens nie gespaar nie, maar hulle oorgegee aan die pes.
Afrikaans 1933/1953 Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
Afrikaans 1983 Hy het sy toorn vrye loop gegee, hulle lewens nie gespaar nie en hulle aan die pes uitgelewer;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die weg gebaan vir sy toorn; Hy het hulle nie van die dood weggehou nie, maar hulle lewens aan pessiektes uitgelewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was kwaad, baie kwaad, en Hy het dit vir hulle gewys. Hy het nie hulle lewe gespaar nie, Hy het hulle laat sterf van pes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was woedend vir hulle. Boodskappers van die dood het hulle getref. Pes en siekte was hulle voorland.