Psalms 78:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hy het 'n getuienis in Jakob opgerig en 'n wet in Israel aangestel wat Hy ons vaders beveel het om dit aan hulle kinders bekend te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het voorskrifte aan Jakob gegee, en sy gebooie aan Israel. Hy het ons voorouers beveel om dit aan hulle kinders te leer |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het -- om dit aan hulle kinders bekend te maak, |
| Afrikaans 1983 | Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee, aan Israel sy onderwysing. Hy het ons voorvaders beveel om dit aan hulle kinders bekend te maak, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het 'n bepaling neergelê in Jakob, 'n wet vasgestel in Israel: Wat Hy ons voorouers beveel het, moet aan hulle kinders bekend gemaak word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir die nageslag van Jakob, vir Israel, gesê wat Hy wil hê, wat hulle moet doen. Hy het vir ons voorvaders gesê hulle moet dit vir hulle kinders leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir Jakob gesê hoe om te leef en aan Israel sy wet gegee. Die Here het ons oupas en oumas beveel om dit alles vir hulle kinders te vertel. |