Psalms 78:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het verskillende soorte vlieë onder hulle gestuur wat hulle verteer het; en paddas wat hulle vernietig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het muggies gestuur om hulle te byt, en paddas om hulle te verwoes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het swerms muggies tussen hulle ingestuur wat nie opgehou het met byt nie; ook paddas, en dié het die lewe vir hulle ondraaglik gemaak; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het steekvlieë onder hulle losgelaat, en dit het hulle geteister; ook paddas, en dit het verwoesting onder hulle aangerig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het steekvlieë gestuur wat hulle gebyt het en paddas wat hulle land verwoes het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het steekvlieë gestuur om die mense uitmekaar te steek. Hy het paddas gestuur om alles te verwoes. |