Psalms 78:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het nie aan sy hand gedink nie en ook nie aan die dag toe hy hulle van die vyand verlos het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vergeet van sy mag, van die dag toe Hy hulle verlos het van die vyand,
Afrikaans 1933/1953 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
Afrikaans 1983 Hulle het nie aan sy mag gedink nie, aan die dag waarop Hy hulle van die vyand verlos het nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het nie onthou wat sy hand gedoen het nie, dié dag toe Hy hulle vrygekoop het van die teenstander,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle wou nie onthou wat Hy gedoen het nie, daardie tyd toe hulle swaargekry het en toe Hy hulle gered het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het gou-gou vergeet dat Hy hulle gered het toe hulle vyande hulle wou doodmaak,