Psalms 78:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe dikwels het hulle hom in die woestyn geterg en hom bedroef in die woestyn! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe dikwels het hulle in die woestyn teen Hom in opstand gekom, en het hulle in die woesteny sy hart bedroef! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis; |
| Afrikaans 1983 | Hoe dikwels was hulle in die woestyn opstandig teen Hom en het hulle Hom daar in die barre wêreld bedroef! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe dikwels was hulle nie opstandig teen Hom in die woestyn nie, het hulle Hom nie gegrief in die wildernis nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was baie maal opstandig teen Hom, hulle het Hom hartseer gemaak daar in die woestyn, die wilde plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baiekeer het Israel in die woestyn gemaak of hulle God glad nie ken nie. Hulle het teen Hom in opstand gekom. Hulle het Hom kwaad gemaak. Hulle het Hom hartseer gemaak. |