Psalms 78:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons sal hulle nie vir hulle kinders verberg nie, en aan die toekomstige geslag die lofsange van die HERE en sy sterkte en sy wonderdade wat Hy gedoen het, verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011 verswyg ons nie vir ons kinders nie, maar vertel vir die volgende geslag van die roemryke dade van die Here, van sy krag en van sy wonderdade.
Afrikaans 1933/1953 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
Afrikaans 1983 sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) mag ons nie vir ons kinders wegsteek nie. Aan die volgende geslag sal ons die roemryke dade van die Here vertel: van sy mag en die wonders wat Hy gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons wil dit nie wegsteek vir hulle nageslag nie, ons wil aanhou om vir die volgende geslag te vertel hoekom hulle die Here moet prys. Ons wil vertel van die Here se krag en van die wonderwerke wat Hy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom vertel ons dit vir die jong geslag, sodat hulle kan weet van die groot dinge wat die Here gedoen het. Hulle moet weet hoe groot en sterk Hy is en watter buitengewone groot dinge Hy gedoen het.