Psalms 78:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het onthou dat hulle maar vlees was; 'n wind wat verbygaan en nie terugkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Hy het daaraan gedink dat hulle sterflinge is, ’n asempie wat spoedig verdwyn en nooit weer terugkom nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
Afrikaans 1983 Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is, wind wat verbywaai en nie terugkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy dink daaraan dat hulle vlees is, net maar 'n asemteug wat gaan en nie weer terugkeer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het onthou dat hulle mense is, hulle is soos wind wat verbywaai en dan is dit weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het onthou dat sy volk doodgewone mense is. Hulle is soos ’n wind wat ’n rukkie waai en dan verdwyn.