Psalms 78:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Hy, wat vol medelye was, het hulle ongeregtigheid vergewe en hulle nie vernietig nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Tog was Hy genadig en het hulle sondes vergewe en nie hulle almal vernietig nie. Dikwels het Hy sy toorn teruggehou en sy woede nie losgelaat nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
Afrikaans 1983 Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde, Hy wis sy volk nie uit nie. Dikwels het Hy sy toorn bedwing en sy gramskap nie laat losbreek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Hy is barmhartig; Hy bedek hulle sondeskuld; Hy delg hulle nie uit nie. Hy hou dikwels sy toorn terug en laat nie sy woede ten volle ontwaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En God? Hy was genadig, Hy het hulle sonde vergewe, Hy het hulle nie almal laat sterf nie. Hy het baie maal weer goed geword vir hulle, Hy het nie vir hulle kwaad gebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gelukkig kry God mense jammer, Hy dink nie vir altyd aan hulle sondes nie; Hy sit nie net reg om te straf nie. Keer op keer vat God die straf weg wat Hy op mense wil loslaat, Hy hou gou op om vir mense kwaad te wees.