Psalms 78:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die toorn van God het oor hulle gekom en die vetstes van hulle gedood en die uitverkore manne van Israel verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 het die toorn van God hulle getref. Hy het die sterkste manne neergevel, en die room van Israel neergeslaan.
Afrikaans 1933/1953 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
Afrikaans 1983 toe tref die toorn van God hulle. Hy het 'n slagting onder die grotes aangerig, die keur van Israel laat omkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) toe laai God se toorn al teen hulle op. Hy het onder hulle vettes 'n slagting aangerig en die jong manne van Israel op hulle knieë gedwing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) toe het God kwaad geword vir hulle. Hy het van hulle vetste manne begin doodmaak, Hy het die jongmanne van Israel laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het God kwaad geword vir hulle, Hy het die sterkstes onder hulle laat doodgaan. Al die jongmans van Israel het omgekom.