Psalms 78:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook vleis op hulle laat reën soos stof, en geveerde voëls soos die sand van die see.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vleis oor hulle soos sand laat reën, voëls soos die sand van die seestrand.
Afrikaans 1933/1953 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
Afrikaans 1983 Soos sandkorrels, so baie voëls het Hy op hulle laat reën, voëls so volop soos die sand van die see.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vleis soos stof op hulle laat neerreën, vlieënde voëls soos die sand van die oseane.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls, so baie soos stof, so baie soos die sand by die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) toe val daar skielik voëls soos stof uit die lug op hulle af, ’n oorvloed vleis, so baie soos die sand van die see.