Psalms 78:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Hy het die rots geslaan, dat die waters gevloei het en die strome oorstroom het; kan hy ook brood gee? kan Hy vir sy volk vlees voorsien? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Hy ’n rots geslaan het, het daar water uitgekom en strome het gevloei, maar kan Hy ook brood verskaf en vleis gee vir sy volk?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het -- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? |
| Afrikaans 1983 | Hy het wel teen 'n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Hy het 'n rots geslaan en water het uitgestroom, spruite het gevloei. Sou Hy ook brood kon gee of vleis voorberei vir sy volk?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is waar, Hy het 'n rots geslaan, en daar het water uitgestroom, daar het riviere gevloei. Maar kan God ook brood gee, of kan hy vir sy volk vleis bring?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy kan mos ’n rots slaan dat jy net water sien spuit. Riviere kom mos uit rotse. Vir wat hou Hy dan nie ’n groot feesmaal vir sy volk met lekker brood en skottels vol vleis nie?” |