Psalms 78:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Maschil van Asaf.) Luister, o my volk, na my wet; neig julle ore tot die woorde van my mond.
Afrikaans (NLV) 2011 O my volk, luister na my lering. Gee ag op wat ek sê,
Afrikaans 1933/1953 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
Afrikaans 1983 'n Gedig van Asaf. Luister na wat ek jou leer, my volk, luister aandagtig na wat ek sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Maskiel. Van Asaf. My volk, luister na my onderrig; spits julle ore vir die woorde uit my mond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Lied. Van Asaf. My volk, julle moet luister na wat ek vir julle leer, julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My vriende, luister nou baie mooi wat ek vir julle wil sê. Ek gaan julle leer. Maak julle ore oop sodat julle goed kan hoor!