Psalms 77:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U hou my oë wakker: ek is so ontsteld dat ek nie kan praat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek dink aan God, en ek sug, ek peins daaroor en is moedeloos. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Ek dink aan God en ek sug, ek dink na en ek is verslae. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dink ek aan God, dan kreun ek; kla ek, dan weifel my gees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek aan God dink, dan sug en kla ek, wanneer ek begin dink, dan word ek moedeloos. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer ek aan God dink, roep ek na Hom. Ek wil hê Hy moet hoor hoe swaar ek kry. Maar dit voel vir my of God Hom nie meer aan my steur nie. Ek is moedeloos. |