Psalms 77:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het aan God gedink, en ek was ontsteld: ek het gekla, en my gees was oorweldig. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 In my nood soek ek die Here. Ook in die nag strek ek onvermoeid my hande uit in gebed. Tog het ek geen troos gekry nie.
Afrikaans 1933/1953 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
Afrikaans 1983 In my nood soek ek hulp by die Here; ook in die nag bly my hande in gebed uitgestrek sonder om moeg te word; maar ek vind geen troos nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die tyd van my nood soek ek my Heer. In die nag hou ek onvermoeid my hande uitgestrek; ek is ontroosbaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan sleg met my, ek wil hê die Here moet by my wees. Ek steek my hand uit en ek bid, ek hou die hele nag aan, maar niks verander vir my nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In my nood soek ek hulp by die Here. Ek word nie moeg om te bid nie. Snags maak ek nie ’n oog toe nie. Maar ek vind geen troos nie.