Psalms 77:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U weg is in die see, en u pad in die groot waters, en u voetstappe is nie bekend nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U donder het gebulder in die storm; weerligstrale het die wêreld verlig! Die aarde het gebewe en geskud.
Afrikaans 1933/1953 U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
Afrikaans 1983 U donderslae het die lugruim gevul, weerligstrale het die wêreld verlig, die aarde het geskud en gebewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geluid van u donderweer was in die stormwind, weerligstrale het die wêreld verlig, die aarde het gesidder en gebeef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het die donderweer laat raas, die weerlig het dit lig gemaak in die wêreld, die aarde het geskud en gebewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het die donderweer laat slaan. Dit was soos ’n leeu wat aanhou brul. Die weerligstrale het die wêreld helder verlig. Alles het geskud.