Psalms 77:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wolke het water uitgegiet, die lug het 'n geluid uitgestuur; jou pyle het ook na die buiteland gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die waters U sien, o God, toe hulle U sien, het hulle gebewe, selfs die diepsee het gesidder. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder. |
| Afrikaans 1983 | Toe die waters U sien, o God, toe die waters U sien, het hulle gebewe, die diep waters het gesidder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, dit het ineengekrimp; ja, die •oerwaters het gesidder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, toe die water vir U sien, toe die water vir U sien, toe het die water gebewe. Die diep water was baie bang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat u kinders in die moeilikheid probeer bring het, bewe, want hulle het u krag leer ken, Here. God, hulle weet dat U die sterkste is. |