Psalms 76:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het oordeel uit die hemel laat hoor; die aarde het gevrees en was stil, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U moet gevrees word, ja, U! Wie kan voor U standhou wanneer u toorn ontbrand? |
| Afrikaans 1933/1953 | U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het? |
| Afrikaans 1983 | As u toorn ontbrand, laat U die mens sidder en beef. Wie kan dan voor U staan? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U – ontsagwekkend is U! Wie kan voor U bly staan wanneer U toornig is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U, o God, almal is bang vir U. Wanneer U kwaad is, dan kan niemand voor U staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geen wonder mense het soveel respek en ontsag vir U nie. As U kwaad raak, wie sal dan nie skrik nie? Wie kan dan waag om voor U regop te staan? |