Psalms 76:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy, ja, jy is te vrees, en wie sal in jou oë staan as jy eers toornig is?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe U hulle bestraf, o God van Jakob, het ruiter en perd dood neergeval.
Afrikaans 1933/1953 Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
Afrikaans 1983 Toe U ingegryp het, God van Jakob, was strydwa en perd daarmee heen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanweë u dreiging, o God van Jakob, het die bemanning van strydwaens en die perde in 'n beswyming geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die God van Jakob gepraat het, kon die soldate op perde en oorlogkarre niks doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As U praat, o God van Israel, steek perde met ruiters en al viervoet vas.