Psalms 76:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) By u teregwysing, o God van Jakob, word die strydwa sowel as die perd in 'n dooie slaap gewerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Dapper soldate is geplunder, in hulle slaap oorweldig. Geen soldaat kon ’n hand oplig nie.
Afrikaans 1933/1953 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
Afrikaans 1983 Die dapper soldate van die vyand is in hulle slaap oorval en geplunder; nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié met dapper harte het self die buit geword; hulle het die ewige slaap ingegaan. Nie een van die bekwame manne kon 'n hand lig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het alles gevat wat die dapper manne van die vyand gehad het, hulle het gesterf, hulle kon nie veg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het die vyand oorwin sonder dat hulle ’n vinger kon verroer. Hulle is in hulle slaap oorval. Hulle is heeltemal verslaan. Nie een van hulle kon iets daaraan doen nie.