Psalms 76:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal die gees van die vorste uitroei; verskriklik is hy vir die konings van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak geloftes aan die Here jou God, en voer dit uit. Laat almal rondom Hom geskenke bring aan Hom, die Ontsagwekkende.
Afrikaans 1933/1953 Doen geloftes en betaal die aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, [ (Psalms 76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. ]
Afrikaans 1983 Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het! Almal rondom Hom moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lê geloftes af aan die Here julle God, en kom dit na. Almal wat rondom Hom is, moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir julle God die Here die offers bring wat julle belowe het. Die mense rondom die tempel moet presente bring vir God. Hy is die God vir wie almal moet eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Doen wat julle die Here beloof het. Almal wat naby Hom is, moet vir Hom geskenke van dankbaarheid bring. Alle mense op aarde moet vir die Een wat gedien moet word, geskenke bring.