Psalms 75:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal vir ewig verkondig; Ek wil sing tot eer van die God van Jakob.
Afrikaans (NLV) 2011 In sy hand hou die Here die beker, gevul met bruisende wyn en kruie. Hy skink daaruit. Die goddeloses van die aarde sal selfs die afsaksels moet drink.
Afrikaans 1933/1953 Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
Afrikaans 1983 Daar is 'n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leegdrink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, daar is 'n beker in die hand van die Here met wyn wat gegis het en vol kruie is. Hy skink daaruit. Al die goddeloses van die aarde sal dit moet drink, dit tot die droesem moet ledig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, daar is 'n beker in die hand van die Here, en in die beker is wyn wat skuim en daar is baie sterk kruie daarin. Die Here skink die wyn vir die mense wat verkeerd doen, en hulle sal almal daarvan drink, hulle sal die beker heeltemal leeg drink, ook die stukkies wat afsak en onder in die beker lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ’n beker vol wyn en giftige speserye in sy hand; dit is soos sy woede en straf is. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, sal die beker heeltemal leeg moet drink, elke druppel.