Psalms 74:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het in hulle hart gesê: Laat ons hulle saam vernietig: hulle het al die sinagoges van God in die land verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê vir mekaar: “Laat ons alles vernietig!” Toe verbrand hulle elke plek in die land waar God vereer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir hulleself gesê: “Ons sal alles vernietig.” En hulle het elke plek van samekoms in die land aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in hulle hart gesê: Ons moet alles gelyktydig vernietig. Hulle het al die ontmoetingsplekke van God in die land verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle wou ons heeltemal breek, hulle het elke plek in die land afgebreek waar God aan mense verskyn het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daardie slegte mense het gesê: “Wag maar, ons sal hulle in die grond in trap.” Al die plekke dwarsdeur die land waar ons U aanbid, het hulle afgebrand. |