Psalms 74:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het vuur in u heiligdom gegooi, hulle het verontreinig deur die woonplek van u Naam op die grond neer te gooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het u heiligdom verbrand, die woonplek van u Naam tot op die grond ontheilig.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
Afrikaans 1983 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek, die woonplek van u Naam tot op die grond afgebreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot op die grond het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het u tempel afgebrand, hulle het die plek waar U self gewoon het, afgebreek tot op die grond en hulle het dit ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die gebou afgebrand waar ons U aanbid. Vroeër, as ons hier gekom het, het dit ons altyd aan U laat dink. Hulle het u woonplek ontwy.