Psalms 74:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U vyande brul te midde van u vergaderings; hulle het hulle vaandels opgestel vir tekens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het die oorwinningskrete van u vyand weerklink, hulle vyand het gevegsbaniere opgerig. |
| Afrikaans 1933/1953 | U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. |
| Afrikaans 1983 | Die oorwinningskreet van u vyande het in die plek van samekoms weerklink, en hulle het hulle vaandel daar opgerig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U teenstanders het gebrul binne-in u ontmoetingsplek; hulle het hulle baniere as oorwinningstekens opgerig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U vyande het soos leeus gebrul binne-in die plek waar U aan die volk verskyn het wat aan U behoort. Hulle het hulle vlae daar kom neersit om te wys dat hulle gewen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Boewe het al ons kosbare goed stukkend geslaan. Die plek waar ons U aanbid het, is afgebreek. U vyande het die plek kom vertrap waar U aanbid word. Alles behoort nou aan hulle. Hulle speel baas. |