Psalms 74:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hef jou voete op na die ewige verwoestings; ook alles wat die vyand goddeloos gedoen het in die heiligdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom loop tog gou tussen die puin van lank gelede, die puin van u heiligdom wat die vyand verwoes het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel. |
| Afrikaans 1983 | Kom loop tog deur die plek wat so lank al in puin lê, die heiligdom wat die vyand so totaal verwoes het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Klim tog op na die ewige puinhope. Die vyand het alles verwoes in die heiligdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet kom kyk na die hope klippe wat so lank hier lê. Die vyande het alles in die tempel verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom help ons waar ons hier op die rommelhoop sit, Here! Ons vyand het alles wat ons het, verwoes, ook u woonplek. |