Psalms 74:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vergeet nie die stem van jou vyande nie: die rumoer van die wat teen jou opstaan, neem voortdurend toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vergeet nie die geraas van u vyande, die lawaai van u teenstanders wat voortdurend opgaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan! |
| Afrikaans 1983 | Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie: die geskreeu van u teëstanders, die aanhoudende rumoer van u vyande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie die stem van u teenstanders vergeet nie, die rumoer wat voortdurend opklink van hulle wat teen U opstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moenie vergeet wat u vyande gesê het nie, U moenie vergeet hoe die mense wat teen U opstandig is, aangehou skree en raas het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie dat hulle daarmee loskom nie! Onthou hoe u vyande teen U tekere gegaan het. Hulle hou nie op daarmee nie. |