Psalms 74:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Let op die verbond, want die donker plekke van die aarde is vol woonplekke van wreedheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk tog na u verbond, want tot in die donkerste hoekies is die aarde vol geweld! |
| Afrikaans 1933/1953 | Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld. |
| Afrikaans 1983 | Dink tog aan u verbond, want selfs in die uithoeke van die land is daar verdrukking. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hou die verbond in die oog, want die donker plekke van die wêreld is vol nedersettings van geweld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet onthou dat U 'n verbond met ons gemaak het, want in elke donker plek in die land maak hulle die mense seer wat aan U behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou, U het lank gelede ’n ooreenkoms met u volk gemaak: U het gesê U sal ons beskerm. Ons is nou diep in die moeilikheid. Oral in die land breek geweld uit. |