Psalms 74:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink daaraan dat die vyand gesmaad het, o HERE, en dat die dwase volk u Naam gelaster het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink tog, o Here, hoe die vyand U bespot, hoe ’n dwase volk u Naam belaster. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag. |
| Afrikaans 1983 | Dink tog hieraan: die vyand spot met U, Here, 'n barbaarse volk belaster u Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dink daaraan dat die vyand die spot dryf, Here, dat 'n dwase volk u Naam verag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moenie vergeet hoe die vyande U beledig het nie, hulle is dwase mense en hulle sê u Naam is nie belangrik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, u vyande spot met U. Sien dit tog raak. Die spul is dom. Hulle sleep u groot Naam deur die modder. |