Psalms 74:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het die koppe van die Leviatan stukkend geslaan en hom as voedsel gegee aan die mense wat in die woestyn woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koppe van die Leviatan het U verpletter. U het hom as kos vir die woestyndiere gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere. |
| Afrikaans 1983 | U wat die koppe van die Leviatan verpletter het en hom vir die haaie gegee het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die koppe van die Leviatan verbrysel het, dit as kos vir woestynbewoners gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatan stukkend getrap het en wat hom vir die haaie gegee het om op te vreet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niks in die see hou vir U enige bedreiging in nie. |