Psalms 74:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het die see deur u krag geklief; die koppe van die jakkalse het U in die water verbreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur u krag het U die see verdeel, die koppe van seemonsters in die water vermorsel. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek. |
| Afrikaans 1983 | Dit is U wat deur u mag die see onstuimig gemaak het, U wat die koppe van die monsters in die see vermorsel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is U wat met u krag die see geskud het, die koppe van seemonsters op die water verpletter het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, dit is U wat sterk is, U het die see in twee gebreek. U het die koppe van die watermonsters in die water stukkend geslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U het al die oseane gemaak. U hou dit alles in u hand. En U maak die seemonsters dood. |