Psalms 74:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Maschil van Asaf.) O God, waarom het U ons vir ewig verstoot? waarom rook jou toorn teen die skape van jou weide? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom, o God, verstoot U ons so lank? Waarom is U so kwaad vir hulle wat aan U behoort? |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide? |
| Afrikaans 1983 | 'n Gedig van Asaf. Waarom, o God, hou U aan om ons te verstoot? Waarom is U kwaad vir die kudde wat aan U behoort? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Maskiel. Van Asaf. Waarom, o God, verstoot U, smeul u toorn vir altyd teen die kleinvee van u weiplek? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lied van Asaf. O God, hoekom het U ons weggegooi? Wil U altyd kwaad bly vir ons, vir ons wat u eie volk is? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, hoekom het U u rug vir ons gedraai? Gaan U ons vir altyd wegstoot? Hoekom is U so kwaad vir u kinders? U gee nie meer soos voorheen vir ons om nie. Ons behoort dan aan U. |